By die 

Klein Libertas Teater

 

Kliek op Gallery vir roetekaart na teater

         

6 Nov (binne)

KLEIN LIBERTAS TEATER KOOR

 KLim uiT die (KOOR) kas!

Tyd: 19h00                 Toegang: R50 by die deur

Die Klein Libertas Teater Koor kom uit hul repetisie-kas vir ‘n konsert uit die boonste rakke! Kom kyk wat doen hierdie eklektiese teaterkoor om koortradisies onderstebo te draai.

Kom beleef ‘n aandjie met ‘n koor wat gatskop, kopskop, stoelskop en koorskop.

 Met gaskunstenaar Hettie Etikettie

o.l.v.

Rika Vermeulen

Regie

Juanita Swanepoel

 

19 Nov

Balkanology – Animal Farm

Tickets: Presale - R120       R150  - at the door

 

24,25 Nov

29 Nov – 1 Des

Ebenezer Pennieknyper

 

Tyd: 20h15                            Toegang: R 70 vir volwassenes, R 40 vir leerders

 

 

Die Klein Libertasteater bied hierdie seisoen weereens met trots aan: Ebenezer Pennieknyper, Aart de Villiers en Don Lamprecht se  vertaling en verhoogverwerking van die immergroen en altyd gewilde 1843 Charles Dickens-verhaal, A Christmas Carol. Hierdie heerlike Kersspel beloof pret en vermaak vir die hele gesin!

 

Ebenezer Pennieknyper, ‘n suinige en onbarmhartige ou sakeman, word een Kersgety besoek deur die spook van sy oorlede vennoot, Sarel Stuiwevuis. Hy word gewaarsku dat hy dringende veranderinge in sy lewe moet aanbring, anders sal hy verdoem word tot ‘n ewigheid van pyn, smart en berou... Die gees van Stuiwevuis voorspel drie verdere, vreesaanjaende besoeke van ander geeste, en Pennieknyper bevind hom in ‘n warrelwind van bonatuurlike visioene wat hom vir die res van sy lewe sal bybly...

 

Hierdie klassieke stuk familievermaak is verlede jaar aangebied ter viering van die Klein Libertasteater se 50ste bestaansjaar, en is vanjaar terug om gehore van alle ouderdomme te bekoor. Die regie is saam behartig deur Juanita Swanepoel en Waldemar Schultz, met rolbesetting deur Waldemar Schultz, Johann Nel, Hugo Theart, Wessel Pretorius, Elsabé Daneel, Stephanie Badenhorst, Ira Blanckenberg, Jan-Hendrik Opperman en vele meer! Vertonings 24, 25, 29, 30 November en 1 Desember om 20h15. Skakel die Klein Libertasteater by 021 883 8164 om te bespreek. Kaartjies R70 vir volwassenes en R40 vir leerders.