About Us

 

Klein Libertas Teater  se Missie

Die Klein Libetas Teater strewe daarna om die gemeenskap van Stellenbosch en omgewing te dien met kultuurbedrywighede en die beste opvoerende kuns. Die teater wil graag veral die jeug en jong belowende akteurs en teaterpraktisyns die geleentheid bied om betrokke te raak en kontak op te bou met die breë teater-węreld.

 

Klein Libertas Theatre Mission

The Klein Libertas Theatre strives to serve the Stellenbosch community and surrounding area with cultural activities and the best in performing arts. The theatre would like to offer an opportunity to young, upcoming actors and theatre practitioners to become involved and establish meaningful contact with the wider theatre world.

 

 

Dit is die Klein Libertas Teater se visie

  • Dat die Klein Libertas Teater 'n leidende rol sal speel in al die bene waarop ons funksioneer nl. Gemeenskaps-, kinder- en jeug-, amateur en professionele teater.

  • Om opleiding in drama en teater te verskaf in agtergeblewene gemeenskappe.

  • Om werk te verskaf aan akteurs, regisseurs en vervaardigers.

  • Om ‘n fasiliteit te skep waar kunstenaars geborge voel en waar hulle hul talente kan kom ontwikkel.

 

It is the vision of the KLT

  • That the theatre will play a leading roll in all the different sections on which it is functioning namely the community-, children & youth -, amature and professional theatre.

  • To provide training in drama and theatre to the previously disacvantaged communities.

  • To provide jobs to actors, directors and producers.

  • To provide a facility where artists will feel seure and where they can come to develop their talents.

 

Die Libertas Teater Klub is op 5 April 1960 op Stellenbosch gestig, nadat plaaslike toneelliefhebbers reeds lank van so 'n klub gedroom het. Die klub, eers net bekend as die Libertas Teater Klub, se hoofkantoor was in die ou Wynkelder op die plaas Vredelust in Dorpstraat. Vandag is die bekende Gino's @ De Kelder Restaurant daar gehuisves. In 1967 verskuif die klub na 'n ou stal op die Bergzicht-terrein waar dit vandag nog gesetel is.

Tot 1994 was die Libertas Teater uitsluitlik 'n amateurklub. Die naam het intussen verander na die Klein Libertas Teater om dit te onderskei van die Oude Libertas Teater van Distell. Soos wat politieke strukture in die land verander het en die kunsterade verval het, het kunstenaars self bein werk skep en ruimtes gesoek om op te tree. Die Klein Libertas Teater word nou al hoe meer deur professionele kunstenaars gebruik

Alhoewel die teater nog steeds sy amateur-vleuel lewendig hou, het die klem nou ook sterk begin val op gemeenskapsteaterprojekte. Een hiervan is die “Pretty Ladies”, ’n groep plaasarbeidervroue wat met hul teateroptredes reeds wyd bekendheid verwerf het. Die Klein Libertas Teater is in 2007 as 'n Artikel21 Maatskappy geregistreer en het die Klein Libertas Teater Produksiehuis CC aangestel om die teater te bestuur.

Alhoewel die Klein Libertas Teater se fokus nog steeds sterk op amateurteater val, is daar nou ander bene waarop die klub funksioneer byvoorbeeld:
  • Gemeenskapteater
  • Kinder- en Jeugteater
  • Professionele teater

Die aanvanklike doel van die klub, naamlik om die teaterliefhebbers van Stellenbosch te plesier en ’n aktiewe rol in die ontwikkeling van die gemeenskap te speel, bly dus nog steeds die hoofdoel.

Vir meer inligting skakel ons by ++27-21-883 8164 of Email: info@kleinlibertasteater.co.za